Main menu
Die Junior Aikôna Fees het op 9 Maart 2011 stiptelik om 18h00 afgeskop. Ons is bekend gestel aan Izaan Venter wat die beoordelaar was. Haar CV was baie interessant en ons as deelnemers kon maar weet sy weet waarvan sy praat.
Eers was dit die Gr. 4 dogters en seuns.
Daarna die Gr. 5 dogters en seuns.
Toe nadat almal 'n baie goeie voorbereide toespraak gelewer het, het sy die wenners aangekondig wat aan die ATKV kompetisie te Helpmekaar gaan deelneem.
Gr. 4 Wenner was Minke Marais.
Gr. 5 Wenners Stephanie Evans, Franco Martins en Lara van As wat dan die Junior Aikôna algehele wenner was.
Geskryf deur Erika Gresse