Algemeen - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Algemeen

Kruiners > Leierraad
 
Nuwe Hoof Leiers 2012
Nuwe Hoof Leiers 2012
 
Ons hoofleiers vir 2012

Hoofseun - Daniel janse van Rensburg
Hoofdogter - Melanie Nel
Onderhoofseuns - Stefan Nel en Andries Swart
Onderhoofdogters - Omar Swart en Chinead McGeer


 
 
Nuwe Leiers 2012
 
 
Nuwe Leiers 2012
 
 
Nuwe Leiers 2011 Seremonie
 

Die leierraad van Laerskool Helderkruin vorm saam met die Gr 7 Taakrade, die leierkorps van die skool. Ons leiers staan uit met hul kenmerklike rooi oortrektruie wat dadelik uitgeken kan word. Aan die begin van die jaar hou ons 'n groot leierseminaar waarby al die skole in die omgewing betrek word. Die leiers doen ook deur die jaar liefdadigheidswerk deur besoek te bring aan die Sopkombuis, Gateway, hospitaalbesoeke asook die DBV. Natuurlik het ons ook elke kwartaal 'n lekker uitstappie! Leierontwikkeling vind op 'n gereelde basis plaas. Formele vergaderings word elke Dag 5 gehou. Leiers word dwarsdeur die jaar aangestel. Ons is baie trots op die leiers van Laerskool Helderkruin.

Die graad 7 leerders het 15 Oktober met 'n bus na 'Valley of the Waves' toe gegaan waar hulle die hele dag in die son en see deur gebring het. Die dag was gevul met heerlike pret in die water en tonne plesier. Almal het heerlik geswem behalwe die dames personeel wat hulle tuisgemaak het op die strand onder die lapa en vanwaar hulle al die leerders kon besigtig. Elkeen kon 'n burger, skyfies en 'n koeldrank vir middagete nuttig. Na 'n plesierige dag met rooi gebrande gesiggies was die leerders almal veilig tuis.

 
Back to content | Back to main menu