Main menu

Hierdie 2 Daniel en Janike Janse van Rensburg, leerders van Laerskool Helderkruin het op 7 Mei by Helpmekaar Kollege aan die ATKV redenaars deel geneem. Daniel het met sy puik toespraak van "Knope" vir homself 'n eerste plek los gepraat. Hy gaan nou ook deur na die 2 de rondte wat op 2 Junie plaasvind.Janike het met haar praatjie oor "Gemorskos" ook 'n eerste plek losgeslaan. Baie Geluk aan hierdie boetie en sussie.