Main menu


Laerskool Helderkruin dra by tot die oppas van ons gemeenskap.
Tydens die week 2 Septembe 2011 was dit boomplantdag en het Laerskool Helderkruin weereens bewys dat hulle vir die omgewing omgee. Tydens periodes is daar gekyk na prente van die boom van die jaar die Pappea Capensis (Doppruim). Verskeie gebruike en nuttige wenke aangaande die boom is bespreek en die leerders het dan vir 'n maat wat oorsee bly, 'n poskaart
ontwerp met die boom van die jaar se foto's op. Party klasse het 'n
blokkiesraaisel ontwerp en ander het begripstoetse oor die onderwerp voltooi. Tydens 'n geleentheid in die saal is 'n tweespraak gelewer deur Gr
6 leerders en daarna het die skool gekyk na 'n video insetsel oor die boom van die jaar. Die Gr 5 F klas was egter baie trots op hulself want hulle het 'n kans gekry om die boom te plant en hulle versorg die boom daagliks met water. Ons Doppruim groei fluks met al die liefde wat dit ontvang.
Helderkruin gee om!