Main menu
Laerskool Helderkruin breek rekords by D12 kampioenskappe
Pragtige atletiek het Maandag 28 Februarie op Ruimsig geheers, tydens die D12 kampioenskappe. Helderkruin het nie minder as 13 atlete op die rostrum gehad nie. Een van die atlete, Thea Penberthy het al drie haar items gewen, maar ook sommer twee van die rekords verbeter. Dit is 'n besonderse prestasie. Tydens die Gauteng kampioenskappe hoop ons Thea doen so voort.