Main menu
Laerskool Helderkruin se Graad 7 leerders het op Vrydag 28 Oktober 2011die geleentheid gehad om hulle Entrepreneursdag te hou. Elke leerder moes R 50 deposito betaal vir hulle stalletjie wat hulle terug ontvang het indien hulle stalletjie na afloop van die dag skoon en opgeruim was. Hulle kon self besluit wat hulle wou verkoop of wattter diens hulle wil lewer. Beplanning moes gedoen word vir die uitgawes, inkomste voorsien en uiteindelik die wins wat gemaak word. Die leerders van die skool het lekker kom koop en al die stalletjies is ondersteun. 'n Wye verskeidenheid produkte is verkoop en daar was ook genoeg vermaak om die leerders besig te hou vir die dag.
Foto's hieronder
Foto 1: Sume van Aswegen en Chelsea Le Roux
Foto 2: Gerhard van Jaarsveld en Clinton Posthumus Foto 3: Lize-