Graad 7 Bidgroep - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Graad 7 Bidgroep

Sosiaal
 

Die gr7 gebedsgroep van Laerskool Helderkruin kom elke Woensdag oggend
(7uur) in die saal bymekaar.  Hier leer ons meer van die Here, Sy liefde vir ons en hoe om elke dag se dinge te hanteer.  Hierdie groepie is spesifiek gemik om die gr7's (gees, siel en liggaam) voor te berei vir die komende uitdagings van Hoerskool.  Dit is die groepie se 9de bestaansjaar.  

Die oggend van 31 Augustus (net voor lentedag) het ons 30 helium ballonne die lug op gestuur.  Elke kind het sy "lyf" Paulus of Johannes (evangelis) gehou deur 'n boodskap vir iemand spesifiek die lug op te stuur.  Ons weet nie waar elkeen se ballon sou land nie...maar weet dat die "wind" elkeen se teksvers (in Engels) by die spesifieke persoon sou uitbring wat dit nodig het.  'n Studie is gemaak om te se dat heliumballonne so ver as 540km kan trek.  Sommige ballonne het moontlik tot in Durban gereis....sommige het moontlik in bome vasgesit, ander in iemand se agtertuin of parkeerarea iewers geland, maar ons weet die Woord is uit....Die Here het gese ons moet saai....Hy sal maai.....

 
 
 
Back to content | Back to main menu