Main menu


Helderkruin bou tradisie
Groot opgewondenheid het Vrydag 11 November geheers. Die 1ste Netbalspan
(Lollipops) het teen die 1ste Rugbyspan (Valke) netbal gespeel. Wat 'n wonderlike geleentheid. Die seuns het natuurlik alles ingesit om die dogters ore aan te sit, maar ongelukkig is die netbalspan nie verniet van die beste speelsters nie. Gou het die dogters dus vir die seuns ore aangesit. Die Valke het ons verbaas met hul goeie spel. Dit was egter 'n wonderlike spanbou geleentheid, terwyl die res van die skool hulle maats aangemoedig het. Soveel lag en opgewondenheid het ons sommer weer lus gemaak en aangemoedig om as Kruiners saam te staan.