Kenmekaar - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Kenmekaar

Kruiners > Personeel
 

Sommer vroeg in die nuwe jaar het die personeel van Laerskool Helderkruin 'n gesellige Kenmekaar funksie gehou.  Helderkruin se nuwe, jong personeel is almal verwelkom. Vanaf die jongste Gr R juffrou tot die Gr 7 Assistant. Almal het lekker saam gekuier met die tema van ‘n bootreis en eiland lewe. Iets waarna onderwysers seker altyd sal smag. Die nuwe personeelkamer het sommer spoggerig gelyk met ‘n eiland van kos in die middel en pynappeldrankies vir die dorstiges. Die manne was staatmakers soos gewoonlik en het die vuur aangedurf en heerlike hamburgers gebraai waaraan almal met smaak kon smul.


‘n Goeie afskop vir ‘n goeie jaar.


 
 
 
Back to content | Back to main menu