Main menu
In regte Helderkruin tradisie is daar op 17 Feburarie 2012 weer lekker saam gekuier. Ouers en leerders het saam met ie personeel van Laerskool Helderkruin 'n vleisie gebraai en saam gekuier. Terwyl die ouers mekaar en die personeel beter leer ken het, het die kinders almal lekker boeresport gehou. Vanaf 5 uur het die kinders die geleentheid gehad om sakresies, ballongooi, waterdra en verskeie ander boeresporte te doen. Daarna het die kinders op die veld gespeel en die ouers kon lekker onder spreiligte kuier tot 21:00 die aand.