Main menu


KLETSKOUSKARNAVAL -
'n Aantal Grondslagfase leerders het aan die informele redenaarsfees by Laerskool Helderkruin deelgeneem. Hierdie is slegs 'n ontwikkelingsgeleentheid vir die jong maatjies van Gr 1, 2 en 3. Hulle word nie formeel beoordeel nie en mammas en pappas help spontaan waar hul kinders dalk mag vashaak.
Die kinders geniet dit vreeslik en praat met soveel selfvertroue en oortuiging oor hul ouderdomtoepaslike temas nl. Grootouers, Lekkergoed en Troeteldiere.
Dit was 'n suksesvolle middag wat beslis weer in die derde kwartaal herhaal gaan word.