Main menu
Druk op die briewe hieronder om in pdf af te laai.
Koorbrief 15
Koorbrief 14
Koorbrief 11
Koorbrief 10
Koorbrief 9
Koorbrief 8
Koorbrief 7
Koorbrief 6
Koorbrief 5
Koorbrief 4
Laerskool Helderkruin het op Woensdag 11 Mei 2011 'n Koorfees aangebied by Hoërskool Roodepoort waar 7 kore van die omgewing opgetree het. Die kore van Louw Gelderhuys, Dalmondeor en Helderkruin het saam met die mannekoor van Randburg opgetree. Laerskool Helderkruin se koor is begelei deur Me. Carien Horn en gedirigeer deur Me. Melinda Nel.

Foto 1: Koor Laerskool Helderkruin 
Foto 2: Randburg Mannekoor
Personeel en Maats
Saterdagoggend baie vroeg was elke koorlid se huis in rep en roer. Ma's ruk kinders uit die bed uit om reg te maak vir die kamp. Kinders soek angstig na hul koorleers en die laaste spook items moet nog ingepak en selfs gekoop word.
Pa's staar net die hele gedoente aan en se droogweg :" Julle moet wikkel anders is jul laat!"
Nadat ons by Achterberg aangekom het en ons tasse in die kamers neergesit het, het Juffrou Melinda se rooi 4x4 met 'n stofstreep by die kampterein aangekom.
Einde ten laaste was almal daar en kon die kamp amptelik begin, maar oo wee…. van die jonger (en ouer) koorlede kon net nie hulle ma's oorreed om te gaan nie. In ons koor wil ons graag sonder ons ma's 'n kamp bywoon.
Nadat al die ouers uiteindelik vertrek het, kon ons as voltallige koor bymekaarkom om die kamp amptelik te open. Ons kon die opgewonde gevoel skaars onderdruk. Ek dink daar was 'n paar koorlede wat met hulle swembroeke die eerste sessie bygewoon het en gedink het ons gaan dadelik swem. Gelukkig was juffrou Melinda en juffrou Carien baie goed georganiseerd, anders sou ons in nat swemklere geoefen het.
Na die op warmingsessie, het ons op 'n vals noot weggespring en aan twee musiekstukke gewerk. Dis altyd 'n uitdaging om ou en nuwe koorlede saam te sinkroniseer.
Gou was dit tyd vir middagete en het ons heerlike macaroni en kaas geëet.
Na ete was dit uiteindelik tyd vir die swembad. Nadat oom Henk gesê het gaan, het jy net skoene sien vlieg soos die kinders in die swembad gespring het.
Na die lekker swem het ons hard geoefen aan nog 2 werke. Die keer was die vals note heelwat minder en het die verskillende stemme mekaar begin vind.
Tydens die volgende ruskans het ons berg geklim en 'n goeie aptyt opgewerk vir aandete. Op die stadium was ons seuns honger wolwe. Herderspasty en patats was op die spyskaart. MMMMMM heerlik!!!!
Die laaste oefensessie was heerlik en gou was dit ook iets van die verlede. Ons het in totaal 8 musiekstukke ingeoefen in die 6 ure se oefentyd.
Teen 10 uur Saterdagaand was ons doodmoeg en Oom Henk het gesê ligte uit.
Soos gewoonlik het die seuns in hul kamers aanhou praat en gehoor hoe die meisies in hul eie kamers giggel.
Seuns kan nie giggel nie, want ons weet nie hoe nie !
Sondagoggend was ons 6:30 wakker en moes ons die kamer netjies maak en al ons besittings oppak.
Vir ontbyt het ons heerlike eiers met gesmelte kaas , worsies en vrugte met yoghurt geëet.
Na ontbyt het ons vir 'n laaste keer geoefen. Om 11 uur het ons ouers kom luister hoe ons sing. Hulle was baie trots op ons. Ongelukkig het half twaalf heeltemal te vinnig aangebreek en moes ons die kamp verlaat en huiswaarts keer.
Hiermee wil ek namens elke koorlid vir :
Juffrou Carien, Juffrou Melinda en oom Henk (in syafwesigheid) Baie dankie se vir 'n heerlike naweek. Ons sal altyd aan julle terug dink met 'n lied in ons hart.
Dan wil ek ook se julle moet op kom om iets van my af te kry. Juffrou mil. en Juffrou car……