Kreatiewe Kunswedstryd - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Kreatiewe Kunswedstryd

Kultuur
 



Kruiners se talentvolle Kunstenaar!

Lize-Marie van Wyk van Laerskool Helderkruin se leuse is "if you can dream it, you can do it" ! Hierdie leuse spreek duidelik uit haar deelname aan die afgelope Kreatiewe Kunswedstryd. Sy het aan al 5 die afdelings deelgeneem en spog met 3 Diplomas (A++) en wen die skilder afdeling met 97% !

Sy is van kleins af baie lief vir teken en jy sal haar nooit sonder haar teken goed vind nie. Onder die leiding van Mev Sannie Slabbert van Unique Concepts Studio het sy vroeg-vroeg met kunsklasse begin en onderrig in al die verskillende meduims ontvang. Sy geniet alles,  maar haar groot liefde is beslis skilder met akrieliese verf.
Verlede jaar tydens die Studio se kuns uitstalling het sy haar eerste skildery verkoop!

Beslis iemand om dop te hou, want wie weet dalk word sy nog een van ons land se beroemde skilders!


 
 

Tydens die afgelope Kreatiewe  Kunswedstryd op 29 Julie 2011 by Laerskool Helderkruin het leerders van 11 omliggende skole bymekaar gkom vir 'n middag se kreatiewe modelleer. Met die tema Feetjies en kabouters wat in die tuin speel het die leerders vinng aan die werk gespring en ongelooflik mooi modelle gemaak. Elkeenkon himself uitleef en het hulself gate uit geniet met hierdie opdrag. Die onderwysers is getrakteer met 'n lekker koppie koffie op hierdie koue wintersmiddag terwyl hulle gewag het vir die leerders om hulle meesterstukke te voltooi. Die beoordelaars, Alice en Alet het ingepsring en begin beoordeel -wat 'n moeilike taak was aangesen al die kunswerk pragtig was.


 
 
 
 
Back to content | Back to main menu