Krieket - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Krieket

Sport
 
 



Conrad William van Dyk gebore 29 Maart 2000 speel vir die Sentraal Wes krieket span vanaf 2008, alhoewel hy net agt jaar oud was het hy reeds vir die 0/9 span gespeel en speel nog elke jaar vir die A span. Hy is gewild vir sy "spin bowling", kolfwerk en veldwerk wat hom 'n uitsonderse "all rounder" maak.
Shaun Pollock en Davis Hussey (Australië) is sy krieket helde.
Hy het ook vir Dr Havinga en Florida krieket gespeel.
Die eerste formele oefening vir Gauteng is 24 Oktober 2011 by Saint Stitians College in Randburg, hy sal ook op daardie dag die bestelling plaas vir sy amptlike Gauteng klere wat ek dan weer kan afneem en aan stuur.

 
 

Ruan Groenewald Gr 7 en Andries Swart Gr 6 speel vir die 2de span krieket.
Hulle was die 2 spelers met top prestasies.  
Ruan het 60 lopies en Andries 5 paaltjies geneem in die wedstryd teen Roodekrans.




 

Hierdie leerders het goeie tellings opgesit met hul krieket.



 
 

Laerskool Helderkruin se krieket doen besonders goed en lewer altyd opwindende krieket op. Twaalf van ons krieket seuns is in verskeie ouderdomsgroepe in die Sentraal-Wes Streekspanne opgeneem, maar ons presteer nie net binne skoolverband nie, maar buite ook.
Twee van ons seuns is ook in die Wes-Gauteng O/13 Aksie Krieketspan opgeneem.
Baie geluk aan die seuns. Ons is trots op julle.

 
 
 
 
 



Baie geluk aan hierdie leerders wat gekies is vir die Sentraal-Gauteng Span.

 
Back to content | Back to main menu