Kultuurblad - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Kultuurblad

Kultuur
 

Laerskool Helderkruin bied aan Leerders die volgende kultuuraktiwiteite:
Kunsuitstallings
Om ons leerders aan te moedig om hulle talente ten volle te ontwikkel, word daar gereeld kunsuitstallings gehou.



Koor
Die beeld van Laerskool Helderkruin word op 'n voortreflike wyse deur sy kore uitgedra. Die skool beskik oor 'n Junior- en Seniorkoor waarby meer as 150 leerders betrokke is. Beide kore het alreeds goue sertifikate en diplomas tydens kunswedstryde behaal. Die Seniorkoor het ook die onderskeiding verwerf om uitgenooi te word na die Applouskompetisie, 'n eer wat slegs enkele skole te beurt val.

 

Kunswedstryde
Groot klem word geplaas op die ontginning van 'n leerder se skeppende vaardighede. Die skool neem gereeld deel aan kunswedstryde en die leerders van Laerskool Helderkruin stap gereeld met die louere weg.

Revues en operettes
Helderkruin het roem verwerf vir die hoë standaard wat gehandhaaf word in die operettes en revues wat opgevoer word.




Skaak
Laerskool Helderkruin se leerders vaar elke jaar goed in die plaaslike skaakliga. Met 'n Transvaalafrigter wat die leerders bystaan, kan dit mos net goed gaan.


A.C.S.V.
Gereelde byeenkomste en sanggroepies verseker dat die geestelike sy van ons leerders se ontwikkeling 'n regmatige plek inneem.


 
Back to content | Back to main menu