Main menu
In die kunsklas het die graad 4's kreatief verkeer deur hul eie insekte te vervaardig uit afvalprodukte. Pragtige insekkies is ontwerp en was die trots van elke leerder en ewe hulpvaardige ouer. In die klas moes die insekte 'n karakter kry as 'n skool leerder. Die graad vier leerders het stem projeksies as insek geoefen en daar was heerlik "gespeel". Dit was wonderlik omdat die leerders die geleentheid gehad het om hulle verbeelding vrye teuels te gee.
Die graad 5 leerders het die geleentheid gehad om ook hulle verbeelding te gebruik en moes die begin van 'n storie opvoer en die einde skep. Talle van die eindes het 'n heerlike lag-
Die graad 6 leerders het van 'n bal en afvallap die oulikste poppe geskep. Die pop het die karakter van 'n inheemse persoon vertolk. Sodoende het die leerders ook meer geleer van ander volke se tradisies. Hulle het dan ook ervaar hoe dit voel om op te tree as poppe meester.
Die graad 7 leerders het die geleentheid gehad om praktiese ervaring op te doen ivm menseregte en die wetlike toepassing van opstande. Hulle het 'n petisie opgestel oor 'n mensereg wat misken word en 'n "betoging" gehou waar die petisie voorgelê was. Heerlike kreatiwiteit t.o.v. die karakters is getoon.