Landloop - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Landloop

Sport
 

Landloop 2011:

Landloop word dwars deur die jaar beoefen. Elke oggend 6:45 is oefentyd. Winter en somer. Gedurende die atletiek seisoen hardloop ons 1200m, (asook 800 en 1500m) en in die winter maak ons gereed om landloop te hardloop in Augustusmaand. Wanneer landloopseisoen klaar is, le die lekkerste van die jaar voor, die 9 uur aflos in Oktobermaand.

Ons atlete het baie goed gevaar gedurende die landloopseisoen. 9 van ons atlete is opgeneem in die Roodepoortspan ,wat 26 Augustus deelneem aan die D12 kampioenskappe te Weltevredenpark Primary. Die atlete is: dogters 0/9 Nicolene Botha
            Dogters 0/10 Charlene Duys
            Dogters 0/11 Zanthe Goedhals
            Dogters 0/12 Annick Snyman

            Seuns 0/9 Masala Mufandilani
                            Uhulenda Mufandilani
             Seuns o/11 Ndivho Mufandilani
             Seuns 0/12 Andries Swart
             Seuns 0/13 Daneel Judeel



Egter net twee atlete het die D12- span gemaak ,wat gaan deelneem aan die Gauteng kampioenskappe te Vereniging. Dit is Annick Snyman Dogters 0/12 en Nicole Botha Dogters 0/9. Zanthe Goedhals is reserwe vir die Dogters 0/11. Baie geluk aan die dogters!!


 

9-uur aflos 8 Oktober

Dit is die 7de jaar dat Laerskool Helderkruin aan die aflos te Randfontein deelneem. Dit is 'a jaarlikse instelling, wat baie atlete van die omgewing trek. Dit is 'n heerlike spanbou aflos of 'n heerlike "vasbyt-aflos", wat die atlete van die atlete onderskei.

Die aflos begin 13h00, en duur tot 22h00. Die moegheid van die aflos tree gewoonlik vinnig in so na 19h00 die aand, waarna jy begin klippe kou tot 22h00. Die fikste atlete begin dan eers lekker te hardloop en hardloop dan hulle kilometers so tussen 3:40 en 3:50 per kilometer. Vir Laerskool Helderkruin is dit die belangrikste om die sport te geniet en ter selfde tyd ook te kyk waartoe ek as mens en atleet in staat is.

Ons by Laerskool Helderkruin glo aan, 'n gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees. Ons glo ook daaraan dat 'n mens selfdissipline en uithouvermoë moet aanleer om die toekoms te kan ingaan om 'n sukses daarvan te maak.

Ons gaan volgende jaar weer om ons rekord van 125km in 9 ure (wat ons in 2006 opgestel het) te verbeter . . .  dit is hoekom ons elke oggend 6h45 oefen, winter en somer!!



 
 
 
Back to content | Back to main menu