Mini Netbal - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Mini Netbal

Sport
 
MINI-NETBAL- EN TAU-RUGBYTOERNOOI 2012


Dit is vir Laerskool Helderkruin ‘n voorreg om u uit te nooi na ons jaarlikse mini-netbal en Tau (Welpie)-rugbytoernooi.

Die datums waarop die toernooi sal plaasvind is: 28 Maart, 18 April en 25 April.

Indien u belangstel om aan die toernooi deel te neem versoek ons u om ‘n eenmalige affiliasie van R600 per skool te betaal.  Die affiliasie kan in die volgende rekening inbetaal word en bewys kan na mnr Van der Watt gestuur word by (011) 764-5602.

Verwysingnommer: SKOOLNAAM + TAU
Tak     : 630 841
Bank     : ABSA Bank Horison
Rekeningnommer :   103 631 1360

Hierdie geld sal aangewend word vir noodhulp, wagte by die voertuie, programme en verversings aan die beamptes.   Toegang sal soos verlede jaar vir alle leerders en ouers gratis wees.

Voltooi asseblief onderstaande strokie en faks terug aan Laerskool Helderkruin voor of op 2 Maart 2012.

Helderkruingroete


 

Die mini-netbal seisoen het gedurende Maart 'n aanvang geneem. Ongeveer 80 dogters het die oefeninge en wedstryde begewoon in die ouderdomsgroepe onder ses, sewe, agt en nege jaar.

Die dogters het ook die geleentheid gehad om 'n mini-netbal kliniek by te woon wat aangebied is deur Me. Nicole Claasens. Me. Nicole Claassens bied ook vir die kleiner dogtertjies (graad R tot graad 2) weeklikse netbalsessies regdeur die jaar aan, vir spesiale Kruinerprys van R200-00 per speelster per kwartaal.

'n Aandreeks wat oor drie Woensdae aande plaas gevind het, is aangebied by Laerskool Helderkruin. Vyftig spanne (O/6 - O/8) van sewe skole het aan die rondomtalie wedstryde deelgeneem. Die dogters het op 'n genotvolle wyse hul vaardighede ontwikkel en blootstelling gekry aan die verskillende posisies terwyl hulle ouers hulle luidkeels aangemoedig het. Elke dogter het aan die einde van die reeks 'n sertifikaat ontvang vir hulle deelname.

 
Back to content | Back to main menu