Main menu
Kruiners bring eer aan skool
Groot was die vreugde by Laerskool Helderkruin met die Brink Musiekskool wat so puik presteer het in die praktiese UNISA musiek Eksamen. Nie minder as ses leerders slaag hul UNISA praktiese eksamen met lof nie. Ons almal weet hoe moeilik dit is en hoeveel ure se oefening dit kos, daarom is ons baie trots op hierdie leerders.

Danielle, Corine en Thinette behaal die pragtige prestasie om op UNISA se Ererol van Uitblinkers te verskyn. Hier verskyn hulle op die foto saam met hul musiekonderwyseres Me R Brink.

Op die groepfoto: Die volgende leerlinge slaag hul UNISA praktiese eksamen met lof: Danielle Brink, Corine Mouton, Thinette du Toit, Andrea Engelbrecht, Netania Pelser (klavier en blokfluit), Kalinka Nel. In die middel is Me R Brink hul musiekonderwyseres.