Praatjie - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Praatjie

Akademie > Graad R
 

Graad R leer van Reptiele

Om 'n troetel slang aan te hou moet 'n mens behoorlik senuwees van staal hê, maar dit was beslis nie die geval met Stiaan nie.  Hy het komkommerkoel voorgekom toe hy met die Graad R kleuters van Laerskool Helderkruin kom gesels het oor Sahara.  Ons het juis oor Reptiele gesels gedurende die week en van die inligting was nie heeltemal nuut vir die kleuters nie.

Wat ons nie geweet het nie was dat Sahara se kleintjies lewendig gebore is en nie uit eiers gebroei het nie.  Die rede hiervoor is dat sy 'n Colombian Red tail Boa is.

Hierdie skubberige koudbloedige reptiel wat tot 5 meter lank kan word, het almal aan die praat gehad.

Nog 'n reptiel waarna die kleuters gekyk het, was Tillie die skilpad.  Tillie het baie s-t-a-d-i-g haar opwagting gemaak en skaam haar gesig gewys.

Sy eet graag blaarslaai, waatlemoen en kan selfs met haar skerp bek (of eerder bolip) 'n slak se dop breek en daaraan smul, (wat 'n rare dieet)

M Deneys


 
 
 
 
Back to content | Back to main menu