Princess Plakkerskamp - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Princess Plakkerskamp

Sosiaal



 

Laerskool Helderkruin se Gr 3 leerders speel en deel. Die Gr 3 leerders het Vrydag 26 Augustus ander se harte laat bons met al die heerlike versierde koekies wat hulle gemaak het en by die Dagsorsentrum van die Princess plakkerskamp gaan uitdeel het.
Hierdie mooi gebaar van die leerders was deel van hul Ubuntu  projek. Die leerders het vrugte skool toe gebring en daarvan is 'n groot vrugteruiker gemaak. Die koekies versiersuiker en lekkers is gebruik om koekies mooi te versier.  Dit was met glimlagte op hul gesigte wat die Kruiners uitgereik het na ander en met nog groter glimlagte wat die koekies ontvang was.
Kinders is so opreg en geniet mos die soet goed van die lewe.
Welwillendheid het kinders nader aan mekaar gebring.




 
Back to content | Back to main menu