Main menu



Laerskool Helderkruin Rekenaar sentrum
Laerskool Helderkruin beskik oor sy eie prag rekenaarsentrum wat tot voordeel van alle Kruiners strek . Die Rekenaar Sentrum is in 'n aparte goed ingerigte rekenaar klaskamer met lugverkoeling. Die sentrum bestaan uit 40 rekenaars sodat elke leerder individueel op sy/haar eie kan werk.
Leerders ontvang rekenaar opleiding in skool tyd en in die middae (Foendie klub). Ons gebruik uitstekende rekenaarprogramme.
Reeds vanaf die eerste termyn in graad 1 word die leerlinge aan rekenaars blootgestel en alle kinders in die skool het een periode Rekenaars gedurende skool ure elke week. Tydens die Gr. 1 leerders se besoek word op leerders se perseptuele vaardighede gekonsentreer. Die graad 4 -
Hier leer ons met trots aan leerlinge basiese rekenaar-
'n Dataprojektor word in hierdie lokaal en by geleentheid in die klasse gebruik om onderrig te gee. Die SMART board word ingespan om leer op interaktiewe wyse te bevorder. In die klaskamers word DVD spelers en ander tegnologie aangewend om lesse interessant en opwindend te maak.
NASKOOLSE REKENAAR KLASSE -
Ons Helderkruin Rekenaar Sentrum bied, na skool, teen 'n minimale koste , ekstra in-
Hier kan leerlinge wat met 'n bepaalde konsep sukkel en leerlinge wat graag verrykende werk wil doen, kom oefen. Hier bewys ons ook aan leerlinge dat skoolwerk pret kan wees en dat jy leer sonder dat jy dit besef. In die meeste gevalle gebruik ons ook ander programme as die wat gedurende skool ure gebruik word, om verveling uit te skakel. Lees is 'n belangrike aspek in ons skool en daarom konsentreer die Foendie klub ook baie op die ontwikkeling van leesvaardighede en spoedlees.
In vandag se lewe waar tegnologie spoedig verbeter is rekenaars 'n absolute vereiste, en daarom kan ons met trots sê dat Laerskool Helderkruin se rekenaarsentrum nie terug hoef te staan nie.
ME N van Wyk
rekenaarsentrum@laerskoolhelderkruin.co.za


