Main menu
25 SIlwer Sterre hou Revue!
Laerskool Helderkruin is vanjaar 'n volle 25 jaar oud en die jaar is reeds aan die begin van 2011 afgeskop met 'n gedenkdiens, koorfees en revue en is afgesluit met 'n heerlike feesdag op 29 Oktober. Kruiners het 'n jaar lank beplan om van die revue die sukses te maak wat dit was. Vanaf 19 Oktober tot 22 Oktober het die Kruiners 7 vertonings ingepas om elke mamma, pappa, ouma, oupa, boetie en sussie die geleentheid te gee om hierdie skouspel te beleef. Elke leerder het die geleentheid gehad om deel te neem in graadverband en vir maande is daar aan bewegings en passies geoefen. Ouers het hard saam gewerk om kostuums en rekwisiete vir die wye verskeidenheid temas die mooiste te maak. Elke groep het 'n liedjie gehad waarop hulle hulself kon uitleef. Daar was van Varkies vang, Kaboemielies, en 3 susters tot Dynamite wat met vuurwerke op die verhoog afgesluit het.! Die personeel het nie terug gestaan vir hierdie besondere geleentheid nie en het met oorgawe deelgeneem op die maat van Candyman. Die aand is afgesluit met 'n massaitem deur al die leerders van die skool. Kruiners , baie geluk julle kan!