Ringbal-Springbok - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Ringbal-Springbok

Sport
 



Arno is absoluut 'n sportman in murg en been en moet aanhoudend betrokke wees met sport.  Hy was betrokke by die Roodepoort Rugby Klub sedert 2008 tot en met hede.  Die afrigter het die spelers genader om tydens die seisoen wat hulle nie rugby speel nie, betrokke te raak by Korfbal.  Sy motivering was dat dit hulle balvaardigheid sal verbeter en ook fiks sal hou in die tydperk wat hulle nie rugby speel nie.  Arno het ingeskakel by die Witpoortjie Korfbal Klub in 2010 en het GSW (Gauteng Suid-Wes) kleure gekry.  Hy het ook dieselfde jaar uitnodiging gekry om aan die SA Korfbal toernooi deel te neem te Nelspruit, maar het ongelukkig nie span gehaal nie.  Arno is baie gemotifeerd en het besluit hy gaan nie tou opgooi nie en het aanhou speel en het vanjaar 2011 weer GSW kleure gekry en is na die SA Kampioenskappe te Kroonstad uitgenooi.  Met baie harde werk en die liefde vir die sport het hy sy droom bewaardheid en is verkies to die A-span Suid-Afrikaanse Korfbal span.  Met trots wil hy graag sy briljante prestasie met Laerskool Helderkruin deel wat deel is van sy opvoeding sedert Gr R 2004.  

 
 
Back to content | Back to main menu