SA tye by Laerskool Helderkruin - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

SA tye by Laerskool Helderkruin

Sport > Atletiek

Helderkruin se atlete hardloop SA tye.
Tydens die afgelope interlaer het Helderkruin se atlete skitterend presteer.
Ons spog met 37 eerste en tweede plekke en 36 derde plekke.   Van die atlete wat melding verdien is Ruben Eksteen, Annick Snyman, Juandre Judeel, Thea Penberthy, Carmen Cronje en Wihan Smit.
Al die bogenoemde atlete het meer as 800 punte verdien op die ABSA tabel.  Dit is werklik uitsonderlik!  Baie ure se harde werk word beloon en die atlete se vordering moet dopgehou word in die toekoms.
Hekkies is 'n tegniese item en verg baie dissipline. Dit is juis hier waar Thea, 'n Gr. 7 leerder, 11.19 sekondes hardloop en haar mede Gr. 7 leerder Carmen 'n 11.25 op die 75m Hekkies.  Hulle gee toeskouers hoendervleis met hul pragtige styl.  Op die ABSA tabel is dit onderskeidelik 1144 en 1122 punte.  Puik!

Annick Snyman hardloop nie net die 1200m nie, maar is ook 'n bokkie met spoed vir die 150m.  Sy verdien 894 punte op die ABSA tabel met haar 1200m vir 0/12 dogters.  

Ons verwag om nog baie van ons atlete te hoor in die toekoms en wens hulle sterkte toe.  


Annick Snyman en Rozanne van der Walt


Thea Penberthy en Carmen Cronje.


Wihan Smit


 
Back to content | Back to main menu