Snoepkruin - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Snoepkruin

Ons Skool

Vir bykans 5 jaar bou ons saam aan die "beste snoepie aan die Wesrand" hier by Laerskool Helderkruin. Dit is my leuse om ons kinders en besoekers vriendelike, bedagsame en flinke diens te verskaf, wat hand-aan-hand gaan met billike pryse. Verder, deel ek mildelik liefde uit aan ons kinders en tree ook op as "mamma" vir baie.

Van die kinders en ouers se kant af verwag ek en my span helpers die nodige respek en goeie maniere waaraan ons gewoond is by ons skool.

Wat die produkte betref wat verkoop word by ons snoepie, poog ek altyd om 'n wye verskeidenheid van hoë gehalte aan te bied, met 'n gereelde "iets nuuts". Met ons vasgestelde spyskaart weet die kinders watter kos word elke dag aangebied, soos byvoorbeeld:
Maandae - Stormjaers (Yankee's)
Dinsdae - Geroosterde ham en kaastoebroodjies
Woensdae - "verrassingsdag"
Donderdae - "warm brakke"
Vrydae - pizza-skywe
Daar is elke dag vars vleispasteie.

Die verrassingsdae, veral gedurende wintermaande, sluit in -
Vetkoeke met maalvleis
Hamburgers
Warm sjokolade, op baie koue dae.

Bo en behalwe die normale koeldranke, skyfies, lekkers en sjokolade, is daar ook 'n wye verskeidenheid van roomyse, klein "los" lekkers en jellielekkers. Ons verkoop geen kougom nie.

Vrydae is dit die heel kleintjies se beurt om hulle eie sakgeld te kom spandeer. Ek probeer om altyd vir hulle iets spesiaal aan te bied.

Snoepiewerk is baie harde werk en verg goeie organisering vir 'n la-a-a-ng vermoënde dag. My daaglikse taak word egter vergemaklik met die krag wat ek van ons Hemelse Vader ontvang, en ek dank Hom vir die voorreg om ook my liefde vir kinders met elkeen by Laerskool Helderkruin te mag deel.

Ons kan almal saam spog met ons snoepie!

Retha



 
Back to content | Back to main menu