Stoei - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Stoei

Sport
 


7 X Stoeikampioen
Xander Coetzee Stoeikampioen wen ‘n sewende jaar na mekaar.  Hierdie ongelooflike seun van Laerskool Helderkruin is tans in Gr 6.  Xander was S.A. Kampioen tydens die S.A. Jeug Grieks-Romeinse Kampioenskappe wat op 27 April plaasgevind het, te Velodrome Stadion-Bellville Kaapstad.  Hy is nou geregtig op Suid-Afrikaanse Jeug Kleure. Dit is wonderlik om ‘n junior Springbok in ons skool te hê.

 
 



Xander Coetzee 'n leerder van Laerskool Helderkruin

Stoei:
Xander stoei al 4 ½ jaar en het al 5 keer Provinsiale Kleure en 5 keer SA Kleure gekry.  Hy het in Maart 2011 aangesluit by Tukkies Stoeiklub, te Pretoria.  Hy oefen baie hard, elke Dinsdag en Donderdag aand vanaf 18h00 tot 19h30.  'n Maand voor SA's oefen hulle gewoonlik 3 aande 'n week, van 7nm - 9nm.  Hy stoei meeste Saterdae kompetisie, sodoende maak hy seker hy is reg vir SA's.
Xander het op 2 Julie 2011 (Saterdag) sy 5de SA Kampioenskap gewen in die 24 - 27 kg SA President Kampioenskappe te Pietersburg (foto aangeheg).


 
Back to content | Back to main menu