Main menu
Kruiners swem saam Natalie du Toit
Sondag 6 November 2011 het die CGA Myl, in samewerking met die Florida Swem klub, by die Florida meer plaasgevind. Groot was die opgewondenheid van die meeste swemmers, aangesien Natalie du Toit nie net ook gaan deelneem nie, maar ook omdat sy deel van die organisasie is.
Dit was wonderlike swem-
Natalie het ook in die ontwikkelings item deelgeneem, toe sy saam met almal wat nog nie kans sien om 'n myl te swem nie, die 300m geswem het.
Laerskool Helderkruin was goed verteenwoordig in die myl. Al die Kruiners het in die ouderdomsgroep 13 jaar en jonger deelgeneem. Alfred Purchase
(13) het tweede gekom in 'n tyd van 22 minute. Chentelle Viviers (13) het vierde van die meisies geëindig in 'n tyd van 25,24. Luan Purchase (9) het die myl in 37,30 voltooi, Jaques Brits (12) in 39 minute en Quenton Hanekom
(12) in 44,49. (Dit was Quenton se eerste ope water swem.) Aan die einde van die dag is daar ook 'n aflos geswem. 'n Aflosspan bestaan uit 3 swemmers, wat elk weer die myl moes swem Hul gemiddelde tyd word dan bereken om die span se plek te bepaal. Alfred en Chentelle was saam in 'n span (die Florida Waves) en het derde geëindig. Quenton en Luan was saam in 'n span (die Florida Flippers) en het vyfde geëindig.
Die wonderlikste kenmerk van Natalie is haar nederigheid en liefde vir haar medemens. Dit was voorwaar 'n groot voorreg vir die Kruiners om saam met so 'n ikoon te kon swem en saamwerk.
Op die foto's hieronder is Alfred, Luhan Purchase en Natalie du Toit asook Chentelle Viviers

Swempresteerders

Sasol Nasionale Winter Swemkampioenskappe:
Gedurende die eerste week van die skoolvakansie, het vier Helderkruiners aan die groot kampioenskappe deelgeneem. Swemmers van heinde en verre neem saam aan die buiteswembad deel. Luan Purchase (8) het vir die eerste keer by Sasol deelgeneem. Hy moes in die ouderdomsgroep 9 jaar deelneem. Luna vereter sy tyd in die 4 items waaraan hy deelneem. In die 50 m borsslag het hy die finaal gemaak.
Quenton Hanekom (11)neem ook vir die eerste keer deel. Hy swem sy eerste vlak 1 tyd en maak 'n finaal in die 50 m borsslag.
Chentelle Viviers (13) neem vir die 2 de keer deel in Sasol. In die meeste van die items waaraan sy deelgeneem het, het sy in die top 10 geeindig. Sy verower 'n bronsmedalje in die 50 m borsslag en kwalifiseer vir vlak 2.
Alfred Purchase (12) neem vir die 4 de keer deel aan die kampioenskappe. Hy verower ;n goue medalje in die 100 m rugslag, silwer medaljes in 50 m vlinderslag, 50 m rugslag, 100 m borsslag, 200 m wisselslag en 50 m vryslag en brons medaljes in 100 m vlinderslag en 50 m borsslag.
Alfred kwalifiseer ook vir Vlak 3.
Ten spyte van ysige koue weer het die Kruiners die skool en hul klub
(Florida) se naam hoog gehou. Hou so aan Kruiners!