Tau Rugby - Laerskool Helderkruin

Go to content

Main menu

Tau Rugby

Sport

Tau Rugby
Ons kleine leeutjies is ware wenners.  Hierdie seuns van Laerskool Helderkruin geniet elke oomblik van rugby.  Baie pret word ervaar maar tog leer hierdie seuns die basis van goeie rugby.  Met afrigters wat entoesiasties is en alles insit kan dit net goed gaan.  Sterkte manne ons hoop jul word eendag Goue Leeus.

 

Elke jaar is daar twee of drie Tau aande wat by Laerskool Helderkruin aangebied word. Dit is ongelooflik om te sien hoe die klein mannetjies rugby speel. Met ongelooflike talent en passie vir die spel, staan die seuns vir niemand terug nie en skrik vir niks. Dankie, vir julle harde werk manne en ons sien uit na volgende jaar.

 
 
Back to content | Back to main menu