Main menu
Heinrich Romer Gr 3
Hy het hierdie skoolvakansie ‘n trofee gewen vir tweede plek by die Wally Morton Tennis klub vir gemengde enkels. Ons hoop hy het nog ‘n blink toekoms voor hom.

Laerskool Helderkruin se tennis spelers is baie gemotiveerd en sien uit na elke wedstryd. Hulle oefen gereeld om hulle vaardighede te verbeter.
Me Annalie Williamson

Die jaar was daar soveel opgewonde seuns en soveel talent. Hierdie jaar het ons 4 wedstryde gespeel waartydens die seuns elkeen 'n geleentheid gekry het om te wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
Ons as afrigters is baie trots op al die seuns en dogters se pragtige gedrag, harde oefening en entoesiasme.
Elke afrigter is daar omdat ons 'n passie het vir die kinders en hul ontwikkeling. Dit was baie duidelik dat daar ontwikkeling by die seuns plaasgevind het.
Niks is egter moontlik sonder die deelname van die seuns en dogters, passie van die afrigters en die ouers se positiewe ondersteuning deur die seisoen nie.


Hierdie leerders het sertifikate vir tennis ontvang. Ons is baie trots op hulle prestasies.