Main menu
Wenke met vraestel beantwoording
1. Sketse nie altyd volgens skaal geteken. Let dus op die inhoud van die vraag.
2. Vraestel is volledig
3. Naam is opgeskryf
4. Tyd -
5. Antwoord slegs wat gevra word (eerste pogings word nagesien)
6. Maak seker verkeerde antwoorde is netjies doodgetrek.
7. Nommer vrae duidelik en werk chronologies sowel as sistematies
8. Beantwoord alle vrae volledig
9. Waar stappe vereis word, toon alle bewerkings anders verloor jy punte.
10. Formules moet korrek neergeskryf word by wiskunde en ander leerareas waar dit verwag word.
11. Leer alle formules baie goed.
12. Ken alle terminologie
13. Ken alle stellings en hul bewyse
14. Lees alle instruksies duidelik
15. Moenie die hele vraestel deurlees nie. Voltooi wat belangrik is.
16. Sukkel met 'n vraag -
17. Nie tipp-
18. Werk netjies, nasiener sal meer toegeeflik wees.
19. Verstaan wat gevra word. Onderstreep belangrikste woorde.
20. Antwoord in behoorlike sinne.
21. Waar spelling van die vraestel af gekopieër kan word is dit noodsaaklik dat dit korrek gedoen word.
22. Waar en onwaar vrae verlang gewoonlik 'n rede of motivering.
23. Waar 'n leesstuk van toepassing is sal die antwoorde op vrae daarin verskyn. Soek dus die antwoord tot jy hom kry.
24. Moenie 'n vraag ooplos indien jy nie die antwoord ken nie. Raai eerder.